Soorte resepte:

Resep: Kerriemaalvleis-en-blaarslaaibredie

Kerriemaalvleis-en-blaarslaaibredie (Foto: Lapa-uitgewers)

Kerriemaalvleis is altyd ʼn goeie idee.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 10 ml olie
  • 2 uie, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 600 g beesmaalvleis
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 10 ml fyn koljander
  • 5 ml borrie
  • 2,5 ml fyn gemmer
  • 2 groen soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 klein blaarslaaikop, gekerf
  • sout en suurlemoenpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ’n diep pan of kastrol en soteer die uie en knoffel tot sag.
  2. Voeg die vleis by en braai tot bruin. Voeg die speserye en soetrissies by en prut 5 minute.
  3. Voeg die blaarslaai by en laat prut nog 10-15 minute of tot die vleis gaar is.
  4. Geur na smaak met sout en suurlemoenpeper en sit voor met stampmielies of bruinrys en ’n slaai.

Bron: Lekker & vinnig: Kerries. Uit: Eenpotgeregte deur An du Plessis

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.