Soorte resepte:

[Resep] Kerriepootjies-en-boontjies

Kerriepotjie

Foto: ‘n Lewe met kos

Hierdie gereg is perfek vir die koue aande wat voorlê.

Bestanddele:

  • 6 skaappootjies, skoongemaak en in stukke gesny
  • 90 ml kookolie
  • 2 uie, gekap
  • 2 kardemompeule
  • 3 kassiastokkies
  • 3 tamaties, gekap
  • 10 ml masala
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml borrie
  • 1 groen brandrissie, gekap
  • 10 ml fyngekapte knoffel
  • 2 x 410 g blikkies botterboontjies
  • sout na smaak

Metode:

  1. Kook die pootjies tot sag en jellierig in ʼn kastrol vol water.
  2. Verhit die olie in ʼn skoon kastrol en braai die uie, kardemom en kassia totdat die uie deurskynend is.
  3. Voeg die tamaties, speserye, brandrissie en knoffel by en kook stadig totdat die mengsel dik en sag is.
  4. Voeg die gaar pootjies by en prut vir 10 minute. Dreineer die boontjies en voeg by die pootjies. Voeg die sout by en prut totdat alles deurwarm is.
  5. Sit voor saam met vars basmati- of jasmynrys en ʼn verskeidenheid sambals.

Bron: Cass Abrahams: ‘n Lewe met kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Will i am ·

Wonder maar net. 10 m masala. Is dit nie bietjie baie vir die gereg nie:-D

Landi Slatter ·

Dagsê Will i am

Dankie vir jou navraag.Ons het die berig gewysig. Dit lees nou 10 ml masala.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Rupert Ashford ·

Laat julle my nou verlang na my ouma se kerrie afval…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.