Soorte resepte:

[Resep] Kerrietjops

Kerrietjops (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Lekker naweek lê voor jou – veral met dié kerrietjops!

Bestanddele:

  • olie of skaapvet vir vlakbraai
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g lams- of skaaplendetjops
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kerriesous

  • 500 g uie, in ringe gesny
  • 1 E (15 ml) kerriepoeier
  • 1 t (5 ml) borrie
  • 4 t (20 ml) fyn appelkooskonfyt
  • 2 t (10 ml) bruinsuiker
  • ½ k (125 ml) bruinasyn
  • 1 ½ k (375 ml) hoenderaftreksel
  • 1 lourierblaar
  • 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny

Metode:

  1. Verhit die olie of skaapvet oor matige hitte in ’n swaarboompan en voeg die knoffel by.
  2. Geur die tjops met sout en peper en braai dit tot net bruin, maar nie heeltemal gaar nie. Skep die vleis uit in ʼn oondvaste bak en bedek. Hou eenkant tot benodig.
  3. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  4. Gebruik dieselfde pan en smoor die uie en knoffel liggies tot die uie deurskynend is. Skep die gesmoorde uie bo-oor die vleis.
  5. Meng die kerriepoeier en borrie in dieselfde pan en voeg dan die konfyt, bruinsuiker, asyn en hoenderaftreksel by. Laat dit ’n paar minute prut tot die sous effens afgekook het. Verdik die sous indien nodig.
  6. Plaas die lourierblaar op die tjops, skep die sous oor die vleis en bedek. Bak vir ongeveer 20 minute tot gaar.
  7. Garneer met skyfies hardgekookte eier en bedien met kapokaartappels en ertjies.

Wenk: Gebruik verkieslik vet om die tjops mee te braai. Sny die vet van die tjops se rugkant af, braai dit in die pan uit en braai dan die tjops hierin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Heerlik, ons het die week na ‘n lang tyd weer lekker skaaptjoppies gebraai. Ek kon my oë nie glo toe ek sien dit (lam) kos nou al oor die R200-00 per kilo nie. So dit raak nou by ons ‘n rariteit. Ons koop wel so een maal ‘n skrikkeljaar ‘n ribbetjie vir ‘n potjie.

stiffie neveling ·

johan koop seker sy vleis in Engeland, koop n heel of halwe lam by n slaghuis en betaal DEFINITIEF nie meer as R85.00 per kg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.