Soorte resepte:

Resep: Kerrievis-frikkadelle met appelkoossous

Kerrievis-frikkadelle met appelkoossous (Resep: Lapa-uitgewers)

Maak hierdie gereg om jou Maandag op te kikker.

Bestanddele

  • 500 g stokvis
  • 375 ml (1½ k) melk
  • sout
  • 1 lourier- of suurlemoenblaar
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml (1 t) knoffel, gekneus
  • 15 ml (1 e) botter
  • 5 ml (1 t) kerriepoeier
  • 250 ml (1 k) kapokaartappel
  • 1 groot eier, geklits ekstra meel
  • druiwepitolie
  • 30 ml (2 e) botter
  • 45 ml (3 e) appelkooskonfyt
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • sagte turkse appelkosies of ingemaakte appelkosies

Metode

  1. Prut die vis liggies saam met die melk, sout en lourier­ of suurlemoenblaar vir ongeveer 10 minute tot gaar. Laat die vis afkoel, verwyder al die grate en vlok dit.
  2. Braai die ui en knoffel in die botter en voeg die kerriepoeier by. Roerbraai vir ’n minuut.
  3. Meng die gevlokte vis met die uiemengsel en die kapokaartappel. Vou die geklitste eier in
  4. Vorm klein frikkadelletjies en rol dit liggies in meel.
  5. Braai die frikkadelletjies in olie tot goudbruin en dreineer.
  6. Smelt die botter in ʼn klein pannetjie en roer die konfyt en suurlemoensap by.
  7. Skep die sous oor die frikkadelletjies en bedien dit met appelkosies.

Bron: Vallei van melk en heuning

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.