Soorte resepte:

Resep: Knoffelslakke met bloukaas en room

Knoffelslakke met bloukaas en room (Foto: Lapa-uitgewers)

Gee jou braai woema deur dié voorgereg voor te sit!
Genoeg vir 4 mense

Bestanddele

  • 600 g slakke
  • botter
  • 400 g bloukaas (ek gebruik gorgonzola)
  • 250 ml room
  • 3 e knoffel

Metode

  1. Dreineer die slakke en spoel dit liggies met water af. Slakke ruik ’n bietjie na sulfaat as dit uit die blik kom en ruik net heelwat beter as jy dit eers afspoel.
  2. Verhit ’n bietjie botter in ’n klein potjie en soteer die slakke vir ongeveer 4 minute. Krummel die bloukaas daarby en roer deur. Voeg daarna die room en knoffel by en laat dit liggies prut vir 15 minute.
  3. Sit dit saam met geroosterde brood of vars growwe bruin brood voor.

Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

3 Kommentare

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lientjie en Pokkels

Dankie vir jul kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Lekker kook!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.