Soorte resepte:

[Resep] Koningsvleisgereg

beesvleis

Koningsvleisgereg Foto: Beste uit Vrouekeur

Dis mos nou koningskos, of hoe?

Bestanddele:

  • olie
  • 1,5 kg beesvleisblokkies of stowevleis sonder been
  • sout en peper na smaak
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 2,5 ml (½ t) gedroogde pietersielie
  • knippie gedroogde tiemie
  • 2 lourierblare
  • 30 ml (2 e) koekmeel
  • 375 ml (1½  k) beesvleisaftreksel
  • 500 ml (2 k) rooiwyn
  • botter
  • 20 uitjies, geskil
  • 250 g (1 pakkie) streepspek, in blokkies gesny
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer

Metode:

  1. Stel die oond op 180 ˚C.
  2. Verhit die olie en braai die vleis in drie sarsies tot goudbruin. Geur dit na smaak met sout en peper en skep in ’n oondbak met ’n inhoudsmaat van ongeveer 2,5 liter en met ’n deksel.
  3. Verhit nog olie indien nodig en braai die gekapte ui, knoffel, pietersielie en tiemie tot die ui sag is. Skep dit by die vleis. Voeg die lourierblare by. Meng die meel met ’n bietjie van die aftreksel tot glad. Roer die res van die aftreksel en die wyn by en voeg dit by die vleis.
  4. Plaas die deksel op en stowe dit 1½ uur lank tot die vleis redelik sag is.
  5. Verhit die botter en soteer die uitjies ’n paar minute lank – dit hoef nie sag te wees nie. Skep dit by die vleis. Braai die spekvleis in dieselfde kastrol tot bros en voeg die sampioene by. Soteer tot die sampioene amper sag is. Verwyder dit van die hitte en voeg alles by die vleis.
  6. Plaas die deksel op en stowe nog 45 minute lank tot die vleis sag is. Sit dit saam met kapokaartappels voor.

Bron: Lekker en Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louise ·

Ek gaan hierdie een definitief prober, maal oor n vleis gereg.
Dis my bstapel voedsel die of sal ek se my goed voel kos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.