Soorte resepte:

[Resep] Hoenderpastei

Hoenderpastei (Foto: Koop saam Kaaps, Lapa-uitgewers)

Is jy lus vir iets anders as sop? Probeer gerus hierdie hoenderpastei dié naweek.

Bestanddele:

  • 10 ml kanola-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 1 kg hoendervleisrepies
  • sout na smaak
  • 10 peperkorrels, fyngedruk
  • hoenderaftrekselblokkies
  • 250 ml vermicelli
  • 2 x 400 g skilferkorsdeeg
  • 5 eiers, gekook, afgedop en in skyfies gesny
  • 1 x 50 g pakkie wit uiesoppoeier

Metode:

  1. Verhit die olie in ʼn kastrol en smoor die ui, knoffel en hoenderrepies tot die ui sag en deurskynend is.
  2. Voeg die sout en peper by.
  3. Meng die soppoeier goed met ʼn bietjie warm water tot daar geen klonte is nie. Voeg die sopmengsel by die hoenderrepies.
  4. Los die aftreksel in ʼn klein bietjie water op en voeg dan saam met die vermicelli by die hoenderrepies. Laat die mengsel vir 15 minute prut.
  5. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.
  6. Voorverhit die oond tot 190 °C en spuit ʼn groot oondvaste bak met kossproei.
  7. Rol die eerste pakkie skilferkorsdeeg in die voorbereide oondbak uit.
  8. Druk ʼn paar gaatjies in die deeg en voer met bakpapier uit. Vul die bodem van die bak met droë boontjies en bak die kors blind vir 15 minute.
  9. Verwyder uit die oond, haal die boontjies en bakpapier uit en bak vir nog 5 minute.
  10. Haal die bak uit die oond en laat die kors effens afkoel.
  11. Skep die hoendermengsel in die kors en versprei eweredig.
  12. Rangskik die eierskyfies op die hoendermengsel en plaas ʼn laag skilferkorsdeeg oor die eierskyfles.
  13. Gebruik ʼn vurk om die rande van die deegdeksel op die deegkors vas te druk.
  14. Verf die pastei met geklitste eiergeel.
  15. Bak vir 20-30 minute tot goudbruin en gaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannah ·

ek – Gooi net mielies ook by…dan het jy die hele gepak rondom die hoender… kos inkluis!

GOURMET CHEF ·

Ag asseblief tog! Hoekom plaas julle ‘n foto van bobotie by jul hoenderpastei resep? Jul moet bietjie al hierdie resepte wat jul plaas eers beproef voordat julle dit op die blad sit. Party daarvan is totale fiasko’s. Mense wie kan kooken bak gee dit een kyk en kan dadelik sien of dit ‘n sukses of flop gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.