Soorte resepte:

Resep: Koolrolletjies

Koolrolletjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Die gereg word in ʼn prutpot voorberei!

Lewer 6 porsies
Bestanddele

  • 1 groot koolkop
  • 500 g vark- of beesmaalvleis
  • 375 ml gekookte rys
  • 1 ui, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml fyn wonderpeper
  • 5 ml fyn koljander
  • 1 ml fyn kruienaeltjies
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 5 ml mielieblom
  • 250 ml room
  • 15 ml suurlemoensap

Metode

  1. Sny die harde kern uit die koolkop en skei die blare. Sny die harde kern uit elke blaar sodat dit makliker kan vou.
  2. Verhit genoeg water tot kookpunt in ’n kastrol en kook ’n paar blare op ’n slag vir 1-2 minute. Skep die blare uit en laat dit dreineer.
  3. Meng die maalvleis, rys, ui, sout, peper en speserye in ’n mengbak. Skep ongeveer 30 ml van die maalvleismengsel op een van die koolblare en vou die onderste kant oor die vleis. Vou die twee sykante ook in en rol die blaar op. Herhaal die proses tot die maalvleismengsel en koolblare opgebruik is.
  4. Spuit ’n prutpot se bak met kleefwerende kossproei, rangskik die koolrolletjies in die bak en giet die aftreksel oor.
  5. Plaas die deksel op en stel die prutpot op laag vir 4 uur of tot die maalvleis deurgaar en die koolblare sag is. Die meerderheid van die vloeistof moet geabsorbeer wees.
  6. Meng 125 ml van die kookvloeistof met die mielieblom tot glad. Voeg die room en suurlemoensap by en meng tot glad. Giet die sous oor die koolrolletjies.
  7. Stel die prutpot vir nog 30 minute of tot die sous genoegsaam verdik het.

Bron: 50 Prutpotgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.