Soorte resepte:

Resep: Kreefbredie

Kreefbredie (Foto: Lapa-uitgewers)

As jy gelukkig genoeg is om aan die Weskus te bly of toegang te hê tot kreef wat (wettig) vars gevang is, is die beste manier om dit gaar te maak om dit lewend in ’n groot pot soutwater te kook.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • krewe
  • olyfolie
  • botter
  • middelgroot uie, in klein blokkies gekap
  • knoffelhuisies, fyngedruk
  • middelgroot tamaties, met die skil af, ontpit en grofgekap
  • lourierblaar
  • droë witwyn
  • port
  • takkies pietersielie, grofgekap
  • paprika
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Sny die kreef middeldeur en vang enige sappe wat uitloop op.
  2. Plaas die olyfolie en botter in ’n groot kastrol, gevolg deur die uie.
  3. Laat die uie liggies sweet voordat jy die knoffel, tamaties, lourierblaar en vloeistof van die kreef af byvoeg.
  4. Laat dit sowat 7-8 minute lank saggies prut voordat jy die kreef bysit.
  5. Sit die deksel op en laat dit sowat 10 minute lank saggies prut totdat die kreef sag is.
  6. Voeg die witwyn en port by en bring tot kookpunt.
  7. Kook sowat 2-3 minute en rond af met die pietersielie en paprika.
  8. Geur na smaak en bedien.

Wenk:

As jy dit nie self wil doen nie, vra jou vishandelaar om die kreef vir jou te kook.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek deur Susina Jooste en Henk Stander

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.