Soorte resepte:

Resep: Kurper met knoffelbotter

Kurper met knoffelbotter (Foto: Verskaf)

Knoffel en botter maak enigiets ekstra lekker!

Bestanddele

  • 125 g botter
  • sap van twee suurlemoene
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 80 g basiliekruidblare, fyn gekap
  • 1 kurper
  • 5 eetlepels (75 ml) olyfolie
  • 1 eetlepel (15 ml) growwe sout
  • 1 eetlepel (15 ml) peperkorrels

Metode

  1. Smelt botter en voeg die suurlemoensap, knoffel en basiliekruid daarby.
  2. Sny repies deur die vis se vel tot op die been.
  3. Smeer die vis aan albei kante met die olyfolie in.
  4. Werk die vis daarna met die growwesout en peper in.
  5. Braai die vis in ʼn toeknyprooster oor die kole. Smeer die vis elke paar minute met die bottersous aan albei kante totdat dit gaar is.

 

Soetrissiebraaibroodjie

Bestanddele

  • 4 snye brood
  • smeerkaas
  • soetrissies
  • biltong

Metode

  1. Smeer die kaas aan die binnekante van die snye brood.
  2. Pak die soetrissies en daarna die biltong op die brood.
  3. Plaas die snye op mekaar en braai die broodjie tot gaar.

 

Sout tilapia

Bestanddele

  • 500 g growwe seesout
  • 1 koppie (250 ml) water
  • 80 g basiliekruidblare, steeltjies verwyder
  • 1 eetlepel (15 ml) peperkorrels
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • die sap van eenuurlemoen

Metode

  1. Strooi die helfte van die sout in ’n pan om ’n soutbed te vorm, en giet die helfte van die water oor die sout uit.
  2. Plaas die basilieblare saam met die peperkorrels en knoffel in ’n bakkie enruk dit fyn met die agterkant van ’n mes. (Jy kan ook ’n stamper en vysel hiervoor inspan.)
  3. Drup die suurlemoensap oor die mengsel.
  4. Vlek die vis oop en vul dit met die basiliekruidmengsel.
  5. Plaas die vis op die soutbed in die pan.
  6. Meng die ander helfte van die sout en water en pak dit bo-op die vis sodat die vis heeltemal bedek is. Maak seker dat die soutlaag op die vis baie dik gepak is.
  7. Sit die pan vir sowat 40 tot 45 minute op ’n warm vuur en bedien saam met ’n braaibroodjie.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leonie ·

My swaer maak die heerlikste kurper wat hy in mieliemeel (nie koekmeel) doop en dan in bietjie olie in ‘n pan braai. Hy bedien dit dan met baie suurlemoensap en mieliepap. Die growwe krummellagie is absoluut heerlik. Gaan defnitief ook bogenoemde resep probeer. As iemand nou net vir my ‘n ou paar pan-grote kurpertjies wil vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.