Soorte resepte:

Resep: Lamsblad

Lamsblad (Foto: Lapa-uitgewers)

“Daar is altyd daardie een. Daar moet wees. Iets wat ʼn tikkie ekstra moeite verg. Maar die ekstra moeite bring ook ekstra smaak, tevredenheid en gelukkigheid mee, want hierdie lamsblad is sag, sappig en salig!” Só skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 1,5 kg lamsblad
  • 2 suurlemoene
  • 2 e amandelmeel
  • 1 e botter
  • 1 t sout
  • 1 t witpeper
  • 1 t uiepoeier
  • 1 t fyn koljander
  • 1 t xylitol
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 rooiuie
  • ½ k droë witwyn
  • ¼ k water
  • 2 t beesvleisafrekselpoeier (goeie gehalte)
  • olyfolie
  • varsgemaalde sout en peper
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 125 ml room (vir die opsionele sous, nie omdat die blad droog sal wees nie, maar vir ekstra geur en tekstuur)

Metode

  1. Plaas die blad, vetkant na bo, in ’n swaar oondkastrol in die yskas.
  2. Sny die suurlemoene in kwarte en druk sap uit oor die blad.
  3. Plaas die blad in die yskas en laat vir 1 uur marineer.
  4. Meng die amandelmeel, botter, sout, witpeper, uiepoeier, koljander en xylitol.
  5. Haal die blad ná ’n uur uit die yskas en druk droog.
  6. Verhit die oond tot 190 °C.
  7. Sny die knoffelhuisies in kwarte en druk in die blad in.
  8. Vryf die meelmengsel in die vetgedeelte van die blad in.
  9. Sny die uie in kwarte en plaas rondom die blad. Voeg die wyn, water en aftreksel by in die oondbak.
  10. Drup die olyfolie oor. Geur met sout en peper, plaas roosmaryn oor en bak met deksel op vir 30 minute in die oond.
  11. Verlaag oond ná 30 minute tot 160 °C en bak vir nog 2 uur. Skep elke halfuur van die sous oor die blad.
  12. Braai die blad die laaste 5-10 minute sonder deksel onder die rooster.
  13. Haal die blad uit die kastrol en laat rus vir 5 minute.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Née ek weet nie hiervan. As ek na die foto kyk,…. Gebrand. Nee dankie

Michael Bouwer ·

So by nommer 1, moet jy die kastrol in die yskas sit voor jy die goed by gooi?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.