Die perfekte kombinasie van geure vir koel dae wat nog kan opduik.
Lewer 6-8 porsies
BESTANDDELE
- ½ kop kool, gekerf
- 1 ui, gekap
- 500 g maalvleis
- 5 ml gekapte vars knoffel
- 1 soetrissie, gekap
- 1 vleisaftrekselblokkie
- 250 ml water
- 30 ml tamatiepasta
- 10 ml bruinsuiker
- 5 ml droë pietersielie
- 2 ml swartpeper
Witsous
- 30 ml margarien
- 30 ml koekmeel
- 250 ml melk
- sout en peper
- 125 ml gerasperde kaas
METODE
- Kook die kool vir 15 minute of tot sag.
- Braai die ui in olie, voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
- Voeg die knoffel en soetrissie by en braai vir 5 minute.
- Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig kook.
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Vir die witsous: Verhit die margarien en meel. Voeg die melk geleidelik by en roer tot verdik. Geur met sout en peper.
- Skep ’n laag maalvleis in ’n gesmeerde oondbak, gevolg deur kool en witsous. Herhaal die lae en strooi die kaas oor.
- Bak vir 30 minute.
Bron: VLV-kookboek
Die VLV-kookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar. Dit is ‘n onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.
Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Baie lekker, moet seker saam met een of ander stysel bedien word. Net so is dit te min vir meer as 3 mense.