Soorte resepte:

[Resep] Maalvleispoffertjies

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur.

ʼn Heerlike peuselhappie vir die komende naweek!

Lewer ongeveer 48 poffertjies

Bestanddele:

Maalvleis

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 ml vars gekapte knoffel
  • 400 g maer beesmaalvleis
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml (1 k) cheddar, fyngerasper

Poffers

  • 250 ml (1 k ) melk
  • 125 ml  (½ k) olie
  • 2 ekstragroot eiers
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 1 ml Aromat
  • knypie sout
  • bietjie paprika vir bo-oor sprinkel

Metode:

  1. Stel oond op 180 °C.

Maalvleis

  1. Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg maalvleis by en roer tot gaar.
  3. Voeg kruie, sout en peper by en roer deur.
  4. Verwyder vleismengsel van hitte en roer kaas by. Hou eenkant.

Poffers

  1. Klits melk, olie en eiers
  2. Sif koekmeel, bakpoeier, Aromat en sout
  3. Meng meelmengsel en eiermengsel.
  4. Spuit klein muffinpannetjies met kossproei.
  5. Skep 5 ml (1 t) beslag in elke holte.
  6. Skep ongeveer 5 ml (1 t) van maalvleismengsel bo-op beslag.
  7. Skep weer 5 ml (1 t) beslag bo-op. Sprinkel bietjie paprika oor.
  8. Bak vir 15 minute of tot goudbruin bo-op. Sit louwarm voor.

Bron: 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lekker ·

Lekker!!!!!!! Dankie. Moet nog meer sulke tipe resepte opsit,ek kan dan my biduur mense bederf met n vinnige lekker eet dingetjie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.