Soorte resepte:

Resep: Maklike hoender-souvlakia

Maklike hoender-souvlakia (Foto: Lapa-uitgewers)

Slegs drie bestanddele vir ʼn heerlike braaigereg!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 9-12 hoenderfilette
  • sout na smaak
  • 500 ml soet brandrissiesous

Metode

  1. Sny die filette in 2 cm-blokkies en ryg op 12 sosatiestokkies. Geur met sout.
  2. Plaas die hoendersosaties in ’n marineerbak en gooi die sous oor. Skud goed sodat alle sosaties bedek is. Marineer vir 30 minute of langer.
  3. Braai oor warm kole vir hoogstens 10 minute.
  4. Draai so 3 tot 4 keer en bestryk met die oorblywende marinade.

Bron: Lekker & vinnig: Hoender

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.