Soorte resepte:

[Resep] Maklike hoenderpastei

Foto: Sakpasgeregte

Maklike hoenderpastei. Foto: Sakpasgeregte

ʼn Lekker hoenderpastei is altyd welkom!

(Uit: Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue-landbou-unie)

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 15 ml olyfolie
  • 8 hoenderporsies of 1 heel hoender
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 1 lourierblaar
  • 3 elk heel kruienaeltjies en wonderpeperkorrels
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 15 ml droë gemengde kruie
  • 125 ml kookvloeistof van hoender

Kors

  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • 125 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 10 ml bakpoeier

Metode:

  1. Verhit ʼn bietjie olie in ʼn groot kastrol en verbruin die hoenderporsies of heel hoender.
  2. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel, lourierblaar, speserye en sout en peper na smaak by. Prut die hoender 45-60 minute of tot gaar.
  3. Skep die hoender uit en behou die vloeistof waarin die hoender gekook het. Verwyder enige vel en bene en sny die vleis in stukkies.
  4. Soteer die uie in die orige olie in dieselfde kastrol. Roer die knoffel, sampioene en kruie by en soteer dit ʼn paar minute.
  5. Roer die hoender en genoeg van die behoue vloeistof by die groentemengsel om ʼn redelike klam mengsel te kry. Geur na smaak en skep dit in ʼn oondbak.
  6. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  7. Kors: Klits die melk, eier en olie saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die melkmengsel om ʼn slap beslag te vorm. Voeg nog melk by indien nodig.
  8. Giet die beslag oor die vleis en bak dit ongeveer 30-40 minute of tot goudbruin en gaar.

Bron: Sakpasgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

louis ·

Vervang vloeistof met n groot koppie old brown cherry. Dit is nou heerlik. Kan ook in hand tertjies aangewend word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.