Soorte resepte:

[Resep] Mayonnaise-braaihoender

Mayonnaise-braaihoender (Foto: Nie vir Ma’s nie, Lapa-uitgewers)

Al is Moedersdag verby, beteken dit nie dat jy nie meer jou ma kan bederf nie. Hierdie maklike resep is vir enige pa en kinders vir daardie Saterdagmiddag as jy Ma so bietjie wil laat rus.

Bestanddele

Mayonnaise-braaihoender

  • 375 ml mayonnaise
  • 50 ml blatjang
  • 100 ml tamatiesous
  • 15 ml suurlemoensap
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8-10 hoenderboudjies of dytjies (of 4-5 van elk)

Metode

  1. Meng al die bestanddele behalwe die hoender. Gooi dit oor die hoenderporsies en marineer vir minstens 1 uur voordat dit gebraai word.
  2. Braai die hoenderporsies oor matige kole tot gaar en verf dit gereeld met die marinade.
  • Bron: Nie vir Ma’s nie
  • Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Dit klink baie lekker. Ek het gedink om die volgende ook te deel. Hoeveel keer het jy al gehoor van mense wat kla dat die hoender nog rou is teen die been nadat dit gebraai is. Toe begin sommige om eers die hoender vooraf gaar te maak en dan laaste so ‘n ruk te braai. Hier is die geheim, of te wel nog een van die geheime :): Moenie vooraf gaar maak nie. Indien vooraf gemarineer, gebruik ‘n kwas om alles af te vee voor jy braai. Gebruik baie warm kole. En die geheim is 30 minute. Braai die hoender op baie warm kole vir presies 30 minute maar maak seker dat jy die hoender kort kort om draai. Elke 30 sekondes in die begin, en wanneer die tshhhhhh tshhhh geluid op die kole begin minder raak kan jy die omdraai ook minder maak. Vir die laaste 5 minute kan jy weer marinade smeer en weer kort kort omdraai sodat dit nie brand nie. Laat le dan in casserolebak op kole in marinade vir 10 – 15 minute en bedien. Jy gaan jou vingers af eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.