ʼn Heerlike en maklike resep vir enige tyd van die dag.
Bestanddele
- 1 k (250 ml) peperkorrels
- 500 g vars tuna
- ½ k (120 g) gesoute botter
- ½ ui, fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 2 e (30 ml) olyfolie
- ½ k (125 ml) brandewyn
- sap van een suurlemoen
Metode
- Strooi een koppie peperkorrels op ʼn houtsnybord.
- Sny die tuna in skywe en rol dit in die peperkorrels totdat die tuna aan alle kante bedek is.
- Smelt die botter in ’n pan en braai die tuna vir ’n paar minute daarin.
- Verwyder die tuna uit die pan en laat dit rus.
- Gooi die ui, knoffel en olyf olie in die warm pan en braai dit totdat dit ’n bruinerige kleur kry.
- Plaas die tuna terug in die pan en voeg die brandewyn. Flambé die tuna.
- Verwyder die vis uit die pan en skep die res van die inhoud bo-oor die vis.
- Drup die suurlemoensap bo-oor die tuna en geniet dit as ’n peuselhappie.
Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en buskruit en kyk die volledige episode hier.
Wat my verstand nog altyd tebowe gaan is hoekom daar aanvaar word dat almal rou vis en vleis eet. Kan netsowel daardie vis van die hoek afhaal en ‘n hap vat. So ook vir die rou vleis wat hulle altyd in almal se kele wil afdruk. Hap ‘n stuk uit ‘n bees se boud in die veld, dit is dieselfde as wat hulle op jou bord wil sit.
Almal se smake verskil. Party hou van verkoolde kosse en ander van kosse.