Soorte resepte:

Resep: Mieliebroodjafels met Wilde Weste-vulsel

mieliebroodjafels-met-wilde-weste-vulsel

Mieliebroodjafels met Wilde Weste-vulsel. Foto: Kokkedoor 2 versamelresepte/Human & Rousseau.

Lewer 20 porsies.

Bestanddele vir die Wilde Weste-vulsel:

  • 2 rooi uie, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 pakkie (250 g) repiespek
  • 20 ml olyfolie
  • 1 kg
  • beesmaalvleis
  • 2 blikke (410 g elk) geskilde tamaties
  • 1 blik (400 g) rooi nierbone
  • 1 blik (400 g) botterbone
  • 100 ml tamatiepasta
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 middelslag-rissies, gekneus
  • 1 klein rissie, gekap
  • 125 ml fyngekapte pietersielie
  • 125 ml worcestersous
  • 30 ml bruinsuiker
  • Sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Braai die uie, knoffel en spek in die olyfolie totdat die spek effens bruin gebraai is.
  2. Voeg die maalvleis by en braai tot krummelrig.
  3. Voeg die tamaties, bone, tamatiepasta, kaneel en rissies by, roer goed en prut 10 minute oor ‘n lae hitte.
  4. Roer die pietersielie en worcestersous by en prut nog 30 minute lank.
  5. roer die bruinsuiker by en geur met sout en peper na smaak.

Bestanddele vir die brood:

  • 8 x 250 ml (1 kg) bruismeel
  • 2 blikke (410 g elk) heel pitmielies
  • 30 ml droë oregano
  • 300 g cheddarkaas, gerasper
  • 30 ml growwe sout
  • 15 ml gemaalde swartpeper
  • 1 liter karringmelk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 2 broodpanne met kleefwerende kossproei.
  2. Meng al die bestanddele goed saam in ‘n groot mengbak.
  3. Verdeel die deeg tussen die twee voorbereide panne en bak 1 uur lank. Toets die brood met ‘n toetspen. Indien nie gaar nie, bak nog 15 minute.
  4. Keer uit op ‘n afkoelrakkie. Sny in 1 cm dik snye.

Bou die jafels:

  1. Spuit die jafelpan goed met kleefwerende kossproei.
  2. Skep 2 eetlepels Wilde Weste-vulsel tussen twee snye brood, vou toe in die pan en rooster oor ‘n oop vlam tot goudbruin.

Born:

Uit: Kokkedoor 2 versamelresepte deur Errieda du Toit

Uitgewer: Human & Rousseau

Prys: R265-00*

*Prys onderhewig aan verandering

 

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chantall

Die resepte is wow lekker dankie.

Andre Grevelink

Julle webblad is baie gebruikersonvriendelik. Kan glad nie die resepte kopieer of druk nie. Moet ek nou voor die stoof met my rekenaar langs my staan om die resep te maak of met die hand van die rekenaar afskryf? Dit is die enigste reseptewebblad wat hierdie styl het. Is daar ‘n bepaalde rede daarvoor? Andre Grevelink