Soorte resepte:

[Resep] Minestronesop

Foto: Lekker en Gesond

Minestronesop. Foto: Lekker en Gesond

Dit klink soos ʼn lekker resep om die gestel so ʼn bietjie op te bou.

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml kanola- of olyfolie
  • 1 klein ui, gekap (50 g)
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 groot wortel, grofgerasper (125 g)
  • 1 groot aartappel, met skil gerasper (250 g)
  • 2 selderystingels met blare, gekap (50 g)
  • 100 g kool, fyngekerf
  • 100 ml tamatiepuree
  • 1 liter kookwater
  • 20 ml beesvleisaftrekselpoeier
  • 10 ml gedroogde Italiaanse kruie
  • 1,25 ml paprika
  • 2-4 babamurgpampoentjies, in dun skyfies gesny (60 g)
  • 100 g groenboontjies, in 2 cm-stukkies gesny
  • 50 g spinasie, dik stingels verwyder, fyngekerf
  • 100 g skulpnoedels
  • 410 g-blik gebakte bone in tamatiesous
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 3-5 ml sout volgens smaak

Metode:

  1. Verhit die olie in ʼn groot kastrol en roerbraai die ui en knoffel totdat die ui deurskynend is. Voeg die wortel, aartappel, seldery, kool, tamatiepuree, kookwater, aftrekselpoeier, kruie en paprika by en prut dit vir 20 minute.
  2. Voeg die murgpampoentjies, groenboontjies, spinasie en noedels by en prut vir 20 tot 30 minute totdat die groente gaar en die pasta sag is.
  3. Voeg die gebakte bone en pietersielie en nog kookwater by soos nodig. Verhit die sop tot kookpunt en geur na smaak. Sit dit voor met volgraanbrood.

Bron: Lekker en Gesond
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leatitia ·

Kan iemand my asb sê hoe kan ek hierdie resepte geprint kry? Ek kry nerens ‘n opsie om dit te print nie en ek kry dit ook nie gecopy en paste nie. Dalk moet ek my rekenaar kombuis toe dra. Het iemand dalk raad?

Landi Slatter ·

Dagsê Leatitia

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Leatitia ·

Baie dankie Landi. Nie geweet ‘n mens kan dit so doen nie … nooit te oud om te leer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.