Soorte resepte:

Resep: Mosambiekse garnale met bevarkte uie

Mosambiekse garnale met bevarkte uie (Foto: Verskaf)

Dié resep is ʼn heerlike gereg vir seekosliefhebbers.

Mosambiekse garnale

Bestanddele

  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • 1 pak (400 g) garnale
  • 4 e (50 ml) hoisinsous
  • 4 e (50 ml) rysasyn
  • 4 e (50 ml) sojasous
  • 3 knippies peper
  • 3 knippies sout
  • 1 e (15 ml) gerookte rissie
  • ⅓ k (75 ml) sesamsaad
  • 100 g sprietuie

Metode

  1. Voeg olyfolie in pan en wag totdat olie warm is.
  2. Voeg garnale in olie en laat toe om kleurig te braai.
  3. Voeg hoisinsous, rysasyn en sojasous by garnale. Roer die souse deur die garnale.
  4. Voeg drie knippies sout en peper by die mengsel.
  5. Voeg die gerookte rissie by die mengsel.
  6. Voeg die sesamsaad en sprietuie by en roer die garnale deeglik deur.

Bevarkte uie

Bestanddele

  • 2 uie
  • 200 g spek
  • 4 e (50 ml) hoisinsous

Metode

  1. Sny die uie in dik ringe en druk die kleiner ringe uit met die tregterkant na bo.
  2. Vou die spek om die uiering.
  3. Verf die bevarkte uiering met hoisinsous.
  4. Braai in olyfolie totdat die spek gaar is.

Kyk hier na ʼn voorsmakie van dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.