Soorte resepte:

[Resep] Noord-Afrika-partytjie met koeskoes

noord-afrika-partytjie-koeskoes

Noord-Afrika-partytjie met koeskoes. Foto: Koskas kos

Hierdie is ʼn eksotiese gereg vir dié wat avontuurlustig is. Maak seker dat jou gaste van speserye hou. Maak die gereg voor die tyd sodat die speserygeure kan vermeng. Indien daar meer gaste as wat verwag is opdaag, voeg net meer by.

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele:

  • 750 g koeskoes, volgens aanwysings op die pakkie voorberei
  • 5 ml fyn kaneel
  • 100 g rosyntjies
  • 90 ml olie
  • 1 kg ontbeende lamsvleis, in blokkies gesny
  • 4 ℓ water
  • 3 groot uie, fyngekap
  • 30 ml paprika
  • ʼn groot knypie borrie
  • 30 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn swartpeper
  • 10 ml gerasperde vars gemmer
  • 2,5 ml fyn neutmuskaat
  • 2 kaneelstokkies
  • 60 ml fyngekapte pietersielie
  • 15 ml sout
  • 60 ml tamatiepuree
  • 1 hoender, in 8-10 porsies gesny
  • 8 wortels, geskil en gekap
  • 4 middelslagaartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 6 murgpampoentjies, gekap
  • 2 x 400 g-blikkies kekerertjies

Metode:

  1. Roer die kaneel en rosyntjies deur die koeskoes en hou eenkant. Verhit die olie in ʼn groot kastrol en braai die lamsvleis tot bruin. Gooi die olie af en hou eenkant. Voeg die water, uie, paprika, borrie, koljander, swartpeper, gemmer, neut, kaneelstokkies, pietersielie, sout en tamatiepuree by.
  2. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die kastrol. Prut vir ongeveer 40 minute.
  3. Verhit die olie waarin die vleis gebraai is in ʼn ander kastrol en soteer die hoender tot bruin. Voeg die lamsvleis en hoender by die speserye en prut vir nog 20 minute.
  4. Voeg die wortels by en prut vir nog 10 minute. Voeg die oorblywende groente by en kook vir ʼn verdere 10 minute.
  5. Sit saam met die koeskoes voor.

Bron: Koskas Kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shana Carter ·

Baie lekker resep…. maak dit vir ons almal…. seblief

Marianne ·

Is die hoeveelheid water – 4 liter – reg?
Lyk baie lekker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.