Soorte resepte:

Resep: Oom Willie Louw se varswatervis

Oom Willie se varswatervis en Maroela-patatsFoto: Verskaf.

Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze, leen ’n ou resep om varswaterkarp gaar te maak.

Bestanddele:

  • 1 hele varswaterkarp
  • sout en peper na smaak
  • 2 eiers
  • 2 k (500 ml) meelblom
  • 2 k (500 ml) olyfolie

Metode:

  1. Vlek vis en strooi met sout en peper na smaak.
  2. Roer eiers in ’n bakkie.
  3. Gooi meel in ander bakkie.
  4. Doop vis eers in meel, dan in eier en dan weer in meel.
  5. Diepvetbraai die bedekte vis in warm olie op die kole tot die degie ’n donker kleur kry (omtrent 10 minute)
  6. Dien op saam met Maroela-patats.

Maroela-patats

Bestanddele:

  • 2 tot 3 groot soetpatats
  • 1 k (250 ml) bruinsuiker
  • 4 e (60 ml) botter
  • 1 bottel Amarula-likeur

Metode:

  1. Bou ’n foeliebakkie op ’n toeknyprooster.
  2. Sny patats in skywe, met skil aan.
  3. Strooi bruinsuiker eweredig oor patats.
  4. Gooi botter bo-oor patats.
  5. Bedek patats met Amarula-likeur.
  6. Maak die foeliebakkie toe en sit op die kole vir 40 tot 60 minute.

Kyk hier ’n voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledigie episode hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zettie ·

Sjoe…….so karpie sal darem nou vorentoe smaak……..ons het dit sommer so langs die dam skoongemaak , gebraai en sommer met die hand geëet weens die baie grate, maar dit was heerlik!!!!

Ursula ·

Waar kry mens vars water vis? Die water is al so besoedel niks vars omtrent dit nie.

ChrisE ·

Ek het die beste resep vir Barbers/Catfish as iemand sou belang stel. Lekkerder as lekker.

Susan ·

ChrisE, dit sal baie welkom wees. Het dit nog nooit regtig suksesvol gaargemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.