Soorte resepte:

Resep: Oondgeroosterde hoender met Kaaps-Maleise vulsel

Foto: Low Carb is lekker

Foto: Low Carb is lekker

Jy gaan vir seker bewonder en bemin word vir hierdie dis!

Bestanddele:

VULSEL

  • ½ rooi soetrissie, grofgekap
  • ½  geel soetrissie, grofgekap
  • ½  appel, grofgekap
  • ½ mediumgroot ui, grofgekap
  • 1 t fyngedrukte knoffel
  • 1 t xylitol
  • ¼  t gemengde speserye
  • ¼ t borrie
  • 2 e botter
  • sout en peper na smaak
  • 4 e water

HOENDER

  • 1 x 1,5 kg plaashoender
  • 2 e botter
  • ½ mediumgroot ui, in dun skyfies gesny
  • 1 t fyngedrukte knoffel
  • ½ rooi soetrissie, in skyfies gesny (opsioneel)
  • 1 vinkelknol en -stingel, in dun skyfies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • skeut suurlemoensap
  • 1 e
  • 1½ k water
  • 1 e matige kerriepoeier
  • ½ t fyn kaneel
  • ¼ t fyn komyn
  • 1 t borrie
  • 4 vars salieblare of 1 t droë salie
  • 1 x 400 g-pakkie of 2½ k pampoenblokkies
  • 1 x 350 g-bakkie gemengde vingerskorsies en vlapampoentjies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas al die vulselbestanddele – behalwe die water – in ’n klein kastrol oor matige hitte en soteer 3-4 minute.
  3. Voeg die water by en prut 8-10 minute oor lae hitte tot dit verdik.
  4. Vul die hoender met die mengsel en bind die boudjies met tou aan mekaar vas.
  5. Plaas die gevulde hoender in ’n kasserolbak.
  6. Gebruik dieselfde kastrol as vir die vulsel. Smelt die botter daarin en soteer die ui, knoffel, rooi soetrissie en vinkel tot sag.
  7. Geur met sout en peper. Skep die mengsel rondom die hoender.
  8. Meng die klappermelk, suurlemoensap, xylitol, ½ k water, kerriepoeier, van die speserye en salie, en voeg by die hoender.
  9. Maak seker dat jy van die speserye direk oor die hoender sprinkel.
  10. Bedek die kasserol met ’n deksel of foelie en bak vir 20 minute.
  11. Plaas die pampoen, vingerskorsies en vlapampoentjies in die bak.
  12. Voeg ’n bietjie water by om die geurige klappersous aan te vul en bak met die deksel op vir nog 20 minute.
  13. Haal die deksel af en laat die sous vir ’n paar minute verdik voordat jy die oond se roosterelement aanskakel om die hoender en die groente mooi goudbruin te bak.
  14. Sit voor saam met roerbraai-koolrepies.

Lewer 6 porsies met 13 g koolhidrate per porsie.

Bron: Low Carb is lekker saamgestel deur Iné Reynierse
Uitgewer: Random House Struik 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fanie van der Westhuizen ·

Wil graag van die resepte aflaai en gebruik, maar kom nie reg met aflaai nie. Is reeds ook n lid maar kry nie resepte nie.

Fanie

Sune van Heerden ·

Dagsê Fanie

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

gene ·

Ek is ook n lid en kan ook nie die resepte aflaai nie.
Wat moet ek doen asb.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gene

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.