Soorte resepte:

Resep: Ouma onder die kombers

Bestanddele:

Ouma onder die kombers. Foto: Tannie Poppie Kook.

Ouma onder die kombers. Foto: Tannie Poppie Kook.

• 500 g maal vleis
• sout en peper na smaak
• 5 ml fyn kruienaeltjies
• 1 eier, geklits
• 1 aartappel, gerasper
• 1 wortel, gerasper
• 1 ui, gerasper
• jong kool blare
• 125 ml botter of margarien

Metode:
1. Meng die maal vleis, sout en peper, kruienaeltjies, eier, aartappel, wortel en ui goed.
2. Vorm bolletjies van die “vleismengsel.
3. Plaas die koolblare 1 uur lank in kookwater.
4. Draai die vleisbolletjies in die koolblare toe.
5. Plaas in ‘n kastrol.
6. Gooi genoeg kookwater in, voeg die botter of margarien by en sit die deksel op.
7. Kook 30 minute lank oor matige hitte tot gaar.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.

Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Ek het dieselfde resep, maar bak dit vir 30 minute in die oond. Voeg ‘n ml of twee Kerrie poeier en Borrie by die water wat ek bo-oor gooi voor die kool frikadelle oond toe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.