Soorte resepte:

[Resep] Pangeroosterde vis

Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Pangeroosterde vis. Foto: Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Hier is ʼn heerlike resep vir daardie monster van ʼn vis wat jy hierdie vakansie gaan vang. En as visvang nie vir jou is nie, sal ʼn gekoopte stukkie vis ook goed werk.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 25 ml suurlemoensap of wit asyn
  • 25 ml canola- of olyfolie
  • 500 g bevrore witvisfilette, soos stokvis, koningklip of Kaapse witvis
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 20 ml gekapte vars pietersielie

Metode:

  1. Meng die suurlemoensap of asyn en 10 ml van die olie. Drup die mengsel oor die visfilette en marineer vir 10-15 minute.
  2. Gebruik net genoeg olie om die boom van die braaipan te smeer. Verhit die pan tot matig warm. Panrooster die vis vir 3-4 minute aan weerskante totdat die vis verkleur en maklik vlok met ʼn vurk.
  3. Geur die vis met sout, swartpeper en gekapte pietersielie.

Kan ek dit bere?

  • Die vis kan vir 24 uur verkoel word. Bevriesing word nie aanbeveel nie. Maak dus net genoeg gaar om binne 24 uur te eet.

Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Captain ·

Smelt regte botter saam die suurlemoensap, met so ‘n sprinkling Fish Spice. Dan smaak tot ‘n spykerbekkie vorentoe, vir julle vir wie die water se kleur mos nie reg was vir ‘n groot vangs nie.

Jo ·

Wat op aaaarde is Kaapse witvis?sover ek weet is die meeste vis in die Kaap wit of pers of hoe?

Klasie Hough ·

Dankie vir die wenk – ek sal dit probeer met angle fish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.