Soorte resepte:

Resep: Paprika-hoenderlewers

Bestanddele:

Paprika-Hoenderlewers., Foto: Tannie Poppie Kook

Paprika-hoenderlewers. Foto: Tannie Poppie Kook.

  • 1 houer (500 g) hoenderlewers, ontdooi en skoongemaak
  • 15 ml botter of margarien, gesmelt’n Knippie sout
  • Gemaalde peper na smaak

Bestanddele vir die sous:

• 1 ui, grofgekap
• 5 ml fyngekapte knoffel
• 15 ml botter of margarien
• 5 ml paprika
• 2 ml rissiepoeier
• 2 ml hoender-ekstrakpoeier
• 15 ml tamatiepasta
• 1 lourierblaar
• 100 ml droë witwyn
• 100 ml room
• 15 ml koekmeelblom
• 100 ml water

Berei die hoenderlewer:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Meng die lewers, botter of margarien, sout en peper in ʼn klein oondvaste bak en bak dit 20 minute lank tot effens bruin.

Berei die sous:

  1. Braai die uie en knoffel stadig in die botter of margarien tot sag.
  2. Roer die paprika, rissiepoeier, ekstrakpoeier, tamatiepasta, lourierblaar en wyn by en laat prut 3 minute lank.
  3. Meng die room, koekmeelblom en water saam en roer by.
  4. Laat prut tot die sous begin verdik.
  5. Roer die lewers by en laat prut 8-10 minute lank.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan ·

Hoekom kan ons nie die resepte uitdruk nie?? Kry dit ook nie gestuur aan myself nie, laaste veld is ‘n proleem (wil sien of jy ‘n mens is)

Sune van Heerden ·

Dagsê Susan

Die laaste veld is maar net om seker te maak dat kuberkrakers nie ons webwerf oorneem nie.
Daar is ‘n blokkie met ‘n eenvoudige sommetjie in, al wat jy hoef te doen is om die antwoord van die som in die blokkie te skryf, en dan kan jy die resep vir jouself stuur.
Ek stuur jou versoek om die resepte te kan uitdruk, deur aan die tegniese span. Dalk is daar ‘n oplossing!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.