Maroela Media-leser Tina Reynders sê dié paptert is vinnig, lekker en die opwas-proses maklik!
Bestanddele
- 2 k rou mieliemeel
- 2 k melk
- 2 k room
- 2 blikke geroomde mielies
- 2 t speserye
- 500 g gesnipperde spek, gebraai
- gebraaide uie, sampioene, groen soetrissie
- 2 k kaas, gerasper
Metode
- Meng al die bestanddele saam behalwe die kaas.
- Bak vir 15 minute teen 180 °C.
- Haal uit oond en roer 1 k kaas by.
- Strooi laaste koppie kaas oor en bak verder vir 30 minute. Haal uit en geniet!
Het jy ‘n lekker familieresep? Stuur dit vir ons hier!
die resep van die paptert – moet jy nie eers die pap gaar maak nie.
Vra ek ook !!
Haha… Moes self nou mooi lees. Meer van ‘n Rou mieliemeel tert
Die resep verwys na “2 t speserye”. Watter soort speserye? Moet alles so saam met die rou meel gemeng word of moet die pap eers wees? Help tog……ek wil dit so graag maak en het nog nooi.
Die meel gaan mos rou wees, ek het altyd gedink n paptert is iets anders.
Wil ook graag weet wat se “speserye”? Dalk iets soos Aeromat?
Jy moenie stop by .2 nie, jy moet aangaan tot .4 Dan sal jy sien, nog 30 min bak.
Mense mens kry verskillende paptert resepte… hierdie een meng jy alles die rou mieliemeel en alles saam en bak dan in die oond.. so die mieliemeel word gaar in die room/melk… ander resepte laat jou n slapper pappie maak en pak dan lae van die pap en die ander gebraaide bestandele tot bo en eindig dan met gerasperde kaas bo-or
Dagsê Lesers
Dankie vir jul kommentaar. Die mieliemeel word net so rou in die resep gebruik. Jy kan speserye van jou keuse byvoeg.
Lekker eet!
Groetnis
Anja
nms Maroela Media
Hierdie is glad nie `n lekker paptertresep nie, dit het nie eers tamatie by nie en vertel glad nie hoedat die lae gepak moet word nie!~!!
Baie dankie wou nog altyd meer weet v fotografie
Eish!
Dankie vir die Resep Anja – bewys weereens mense is nooit net happy nie.