Soorte resepte:

Resep: Paul se mosselsop

Paul se mosselsop (Foto: Lapa-uitgewers)

Marlise Scheepers, wat dié resepteboek geskryf het, sê sy het dié resep by Paul Afonso, ʼn Portugees, gekry. “En Portugese ken mos van kosmaak,” sê sy.

Bestanddele

  • 600 g mossels
  • 2 e botter
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 k droë witwyn
  • ’n hand vol gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Doen altyd jou bes om vars mossels in die hande te kry. Skrop die mossels goed en verwyder die baard.
  2. Verhit die botter in ’n kastrol en soteer die ui en knoffel tot die ui deurskynend is. Voeg die wyn by en direk daarna die mossels.
  3. Draai die mossels ná twee minute om in die pot sodat alles met die uie, knoffel, botter en wyn bedek word. Voeg die pietersielie by.
  4. Sodra die mossels oopgaan, is hulle gaar – gooi enige mossels weg wat nie oopgegaan het nie. Sit dadelik voor.

Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.