Soorte resepte:

Resep: Pekelvarktjops en gebraaide tamaties

Foto: Japtrap-braai

Foto: Japtrap-braai

Die pekel van vleis is ‘n proses waar die vleis in ‘n soutwateroplossing lê voordat dit gaargemaak word. Anders as wat algemeen aanvaar word, maak dit nie die vleis te souterig nie. Inteendeel, dit maak die vleis net soveel sagter en sappiger. Beslis die moeite werd.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

4 varkribtjops van 2,5 – 3 cm dik
45 ml (3 e) growwe sout
25 ml (5 t) suiker
375 ml (1½ k) water
olyfolie
varsgemaalde swartpeper
2 groot vlesige tamaties, gehalveer
4 ruim skeppies botter
vars tiemie vir oorsprinkel

1. Plaas die varktjops in ‘n glasbak. Meng die sout, suiker en water in ‘n beker totdat die sout opgelos is. Giet dit oor die tjops en laat staan vir 20 minute. Draai dit twee keer om.
2. Haal die tjops uit die pekelwater en vryf met olyfolie in. Geur met peper. Braai oor ‘n warm gasvlam of kole vir 7 – 10 minute aan ‘n kant.
3. Berei die tamaties voor deur ‘n skeppie botter op elke oopgesnyde kant te sit, sprinkel olyfolie, tiemie en geurmiddels van jou keuse oor. Pak die tamatiehelftes op die rooster langs die tjops en braai vir 8 – 10 minute sonder om dit te draai.
4. Pak die varkvleis op ‘n opdienbord. Haal die tamaties baie versigtig van die rooster af en sit voor saam met die varkvleis.

Genoeg vir 4

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.