Soorte resepte:

Resep: Pieter Smit se kerriekabeljou

Pieter se kerriekabeljou (Foto: Skermskoot uit die video)

ʼn Kabeljou met ʼn skop.

Bestanddele

  • 500 g kabeljou, in filette gesny
  • 2 eetlepels olie (30 ml)
  • 1 vars knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 stukkie vars gemmer, fyngekap
  • 1 rissie, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 anyssterre
  • 4 eetlepels (30 g) kerriepoeier
  • 1 koppie (250 ml) tamatiepuree
  • 400 g klein tamaties
  • ½ koppie (125 ml) wyn
  • Knippie koljanderpoeier
  • Knippie growwe sout
  • Knippie suiker
  • 1 koppie (250 ml) melk
  • 30 g vars koljanderblare

Metode

  1. Verhit die olie in ’n kastrol.
  2. Voeg die fyngekapte knoffel, gemmer en rissie in die pot en roer deur.
  3. Voeg vyf anyssterre by, gevolg deur een fyngekapte ui.
  4. Strooi twee eetlepels kerriepoeier oor, maar hou die ander twee eetlepels eers eenkant. Dit word later bygevoeg.
  5. Voeg een koppie tamatiepuree by die bestanddele en roer saam.
  6. Sit die klein tamaties by om die gereg ’n bietjie waterig te maak.
  7. Voeg ’n halwe koppie wyn by en roer.
  8. Strooi ’n knippie koljanderpoeier oor, gevolg deur ’n knippie growwe sout en ’n knippie suiker.
  9. Plaas die kabeljoufilette in die kastrol en laat dit bo-op die sous rus.
  10. Voeg een koppie melk by en roer liggies. Probeer om nie die vis in stukke te breek nie.
  11. Plaas die deksel op die kastrol en kook vir 45 minute.
  12. Voeg vars koljanderblare by en bedien met witrys.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.