Soorte resepte:

[Resep] Pikante soetmarmelade-ribbetjie

Ribbetjie

Pikante soetmarmelade-ribbetjie. Foto: Gunsteling Braairesepte

Hierdie ribbetjies lyk so heerlik, mens gaan beslis nie eetgerei nodig hê nie…

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 800g varkribbetjies, in vier stukke gesny
  • Sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 k (125 ml) Clover Krush Tropical sap
  • ½ k marmelade
  • ¼ k tamatiesous
  • ¼ k (60 ml) Hoisin-sous
  • 1e (15ml) fyngerasperde vars gemmer
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 t  (5ml) droë brandrissie-vlokkies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 150°C en voer ʼn bakplaat uit met bakpapier.
  2. Geur die ribbetjies met sout en peper en sit eenkant.
  3. Plaas die oorblywende bestanddele in ʼn mengbak en meng goed.
  4. Doop eike stuk varkrib in die marinade en rangskik op die bakplaat. Hou van die marinade eenkant.
  5. Bedek en bak vir 45-55 minute.
  6. Haal uit die oond, plaas die ribbetjies op ʼn baie warm braai en bedruip met die ekstra marinade. Braai tot sag en mooi bruin.

Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maré ·

Die resep vir Pikante soetmarmelade ribbetjie lees 1 kop.(125ml) clover krush, maar een kop is 250ml. Sal graag wil weet moet dit n halwe koppie of een koppie sap wees(250ml). Dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Maré

Ons het die resep net so uit die resepteboek gepubliseer, volgens ons ooreenkoms met die uitgewers.
Een koppie is inderdaad 250 ml, maar ons het bevestig die resepteboek spesifiseer: 1 k (125 ml). Ons vermoed dit is moontlik ‘n drukfout en moet dan dus slegs ‘n halwe koppie wees.
Volg gerus die resep met ‘n halwe koppie en voeg gerus nog sap by indien nodig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.