Soorte resepte:

Resep: Pizza

Pizza (Foto: Lapa-uitgewers)

Pizza-maak is ʼn heerlike aktiwiteit waaraan die hele gesin kan deelneem.

Bestanddele

Kors

  • 500 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 100 ml Cremora (opsioneel)
  • 10 ml kitsgis
  • 50 ml botter
  • 250 ml louwarm water
  • ʼn bietjie kookolie

Bolaag

  • ongeveer 375 ml tamatie-en-uie­mengsel
  • gedroogde gemengde kruie
  • 2-3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 15-20 ml blatjang
  • gerasperde mozzarella- of-cheddarkaas
  • dun repies soetrissie (groen, geel, rooi)
  • spekvleis, in blokkies gesny
  • piesangskywe (opsioneel)

Metode

Kors

  1. Plaas die koekmeel (en cremora), gis, sout en botter in ʼn mengbak.
  2. Maak bogenoemde aan met die louwarm water en bietjie olie om ʼn sagte, nie-klewerige deeg te vorm. Rol uit op ʼn meelbestrooide oppervlak in ʼn sirkel.
  3. Plaas versigtig op gesmeerde bakplaat of pizza-bord. Smeer kors met olyfolie.

Bolaag

  1. Meng die blatjang saam met die tamatie-en-uie-mengsel. Smeer oor deeglaag. Plaas knoffelskyfies op en sprinkel gemengde kruie oor. Strooi helfte van die kaas oor, voeg spek by en dan die res van die kaas. Garneer met repies soetrissie.
  2. Bak in voorverhitte oond by 200 °C vir ongeveer 20 minute. Wanneer gaar, versprei piesangskywe oor pizza en dien dadelik op.

Variasies

  1. Ham- en pynappelstukkies, salami en olywe, tuna en ansjovis, sampioene, gebraaide hoenderborsie en uie. Gee jou verbeelding vrye teuels, maar hou egter by dit waarvan die gesin of gaste sal hou.

Bron: Marilyn kuier en kook!
Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.