Soorte resepte:

Resep: Prof TT Cloete se gunsteling – Ewwie se beesstert

Eveleen (Ewwie) Mvala Foto: Maroela Media

Eveleen (Ewwie) Mvala Foto: Maroela Media

‘n Foto van die heerlike beesstert volg onderaan die berig. Prof TT Cloete het verlede jaar sy gunstelingresep met Maroela Media se lesers gedeel. Sy versorger, Eveleen (Ewwie) Mvala, maak glo dié besonderse beesstert. Dié geliefde en bekroonde digter is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede en daarom deel Maroela Media graag weer hierdie resep.

Maroela Media publiseer die resep net soos ons dit ontvang het.

Bestanddele:
2 beessterte
Ongeveer 10 aartappels
Een teelepel gewone kerrie
1 koppie blatjang

Metode:
1. Kook beessterte in drukkoker vir ongeveer 45 minute.
2. Sodra dit gaar is, haal dit uit en laat die drukkoker afkoel.
3. Halveer die aartappels en kook dan in die sous van die beesstert totdat die aartappels gaar is.
4. Voeg die kerrie by en meng.
5. Neem dan die blatjang en voeg dit by die beesstert en aartappels en meng.
Die sous is veronderstel om soetsuur te wees, indien dit nie soet genoeg is nie, voeg nog blatjang by.

Die heerlike pot beesstert Foto: Maroela Media

Die heerlike pot beesstert Foto: Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.