Soorte resepte:

Resep: Reuben se hoender

Foto: Japtrap-braai

Foto: Japtrap-braai

Reuben Riffel is ‘n bekende gesig vandat hy een van Suid-Afrika se grootste kruie-en-spesery-vervaardigers se produkte onderskryf en bemark. Dié resep van hom is deur outeur van die boek Japtrap-braai aangepas vir die braai.

Genoeg vir 6 – 8

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Bestanddele:
6 hoenderborsies, nog met die been en vel
sap van 1 suurlemoen
85 ml (⅓ k) olyfolie, plus ekstra vir oorsmeer
Robertsons®-hoenderspeserye
20 ml (4 t) droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

1. Gebruik jou vingers om die borsies se vel versigtig te lig sonder om dit te skeur of heeltemal te verwyder. Meng suurlemoensap en olyfolie, en smeer mildelik tussen die vel en vleis in. Laat staan vir 15 minute.
2. Besprinkel die bokante van die borsies ruimskoots met hoenderspeserye, asook die droë roosmaryn, net voordat jy braai. Indien nodig, trek die vel oor die borsie en steek met ‘n tandestokkie vas.
3. Smeer nog olyfolie oor die vel en geur met sout en peper. Braai borskant na bo vir 8 – 10 minute. Draai versigtig om sonder om die vel te breek en braai vir nog 6 minute. Moet dit nie oorgaar maak nie, hoenderborsies droog maklik uit.

Resep oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.