Laat die geure saamsmelt in dié eenbak-gereg.
6 porsies
Bestanddele
- genoeg Clover Farmstyle-botter
- 2 uie, gekap
- 200 g (1 pakkie) spek, in blokkies
- 1 klein groen soetrissie, ontpit en in blokkies
- 1 klein rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
- 750 ml (3 k) gaar witrys
- ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer
HOENDER
- genoeg Clover Farmstyle-botter
- 6 hoenderborsie-filette, in repies
- hoenderspeserye vir geur
- sout en peper na smaak
- ½ kop brokkoli, in klein blommetjies gebreek
- 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
- 45 ml (3 e) koekmeel
- 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
- 125 ml (½ k) witwyn
- 250 ml (1 k) Clover- vars room
- vars roosmaryn
- 2 skywe Clover-fetakaas, gekrummel
Metode
- Smelt genoeg botter en braai die uie daarin tot sag.
- Voeg die spek by en braai tot gaar.
- Voeg die soetrissie by en braai nog 3 minute. Roer die rys by en skep in ʼn oondvaste bak wat met botter gesmeer is.
HOENDER
- Smelt genoeg botter en braai die hoenderrepies in sarsies tot gaar.
- Geur die hoenderrepies met hoenderspeserye, sout en peper.
- Voeg die brokkoli en sampioene by. Roerbraai tot effens sag.
- Roer die koekmeel by en roer weer tot alles goed gemeng is.
- Roer die hoenderaftreksel en wyn stadig by terwyl die kos geroer word.
- Roer die room by. Laat prut vir 2 minute.
- Skep die hoendermengsel oor die rysmengsel.
- Sprinkel roosmaryn en fetakaas bo-oor.
- Bak vir 25 minute. Sit warm voor.
Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa