Soorte resepte:

Resep: Romerige eenbak-hoendergereg

Romerige eenbak-hoendergereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Laat die geure saamsmelt in dié eenbak-gereg.
6 porsies

Bestanddele

  • genoeg Clover Farmstyle-botter
  • 2 uie, gekap
  • 200 g (1 pakkie) spek, in blokkies
  • 1 klein groen soetrissie, ontpit en in blokkies
  • 1 klein rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
  • 750 ml (3 k) gaar witrys
  • ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer

HOENDER

  • genoeg Clover Farmstyle-botter
  • 6 hoenderborsie-filette, in repies
  • hoenderspeserye vir geur
  • sout en peper na smaak
  • ½ kop brokkoli, in klein blommetjies gebreek
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 45 ml (3 e) koekmeel
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 125 ml (½ k) witwyn
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • vars roosmaryn
  • 2 skywe Clover-fetakaas, gekrummel

Metode

  1. Smelt genoeg botter en braai die uie daarin tot sag.
  2. Voeg die spek by en braai tot gaar.
  3. Voeg die soetrissie by en braai nog 3 minute. Roer die rys by en skep in ʼn oondvaste bak wat met botter gesmeer is.

HOENDER

  1. Smelt genoeg botter en braai die hoenderrepies in sarsies tot gaar.
  2. Geur die hoenderrepies met hoenderspeserye, sout en peper.
  3. Voeg die brokkoli en sampioene by. Roerbraai tot effens sag.
  4. Roer die koekmeel by en roer weer tot alles goed gemeng is.
  5. Roer die hoenderaftreksel en wyn stadig by terwyl die kos geroer word.
  6. Roer die room by. Laat prut vir 2 minute.
  7. Skep die hoendermengsel oor die rysmengsel.
  8. Sprinkel roosmaryn en fetakaas bo-oor.
  9. Bak vir 25 minute. Sit warm voor.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.