Soorte resepte:

Resep: Romerige ertjie-en-hoenderslaai

Romerige ertjie-en-hoenderslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié slaai is perfek vir jou of jou kind se kosblik.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • ½ blaarslaai
  • ½ ui, fyngekap
  • 2 selderystele, in wieletjies gesny
  • 500 ml jong ertjies, bevrore
  • 410 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
  • 240 g gaar oorskiethoender, in stukkies gesny
  • 125 ml Bulgaarse jogurt
  • 125 ml laevetmayonnaise
  • 3 kraakbeskuitjies (opsioneel)

Metode

  1. Breek die blaarslaai met die hand. Plaas die stukkies onder in 1 glasbak of 4 glasflesse.
  2. Plaas die ui bo-op die blaarslaai en volg met die seldery.
  3. Meng die bevrore ertjies met die kekerertjies en plaas bo-op die seldery.
  4. Volg met die hoenderstukkies.
  5. Meng die jogurt en die mayonnaise en skep bo-op die hoender.
  6. Geniet dit saam met 3 kraakbeskuitjies, indien verkies.

Wenk: Maak hierdie slaai in die oggend en geniet vir middagete. Die bevrore ertjies sal teen dan ontdooi wees en dit hou die slaai heerlik koud.

Bron: Gesonde Kosblikkie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert ·

Dit lyk baie lekker en maklik om te maak. Gaan dit beslis maak

koos ·

Onthou net om nie meer of minder as 3 beskuitjies saam te eet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.