Dié slaai is perfek vir jou of jou kind se kosblik.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- ½ blaarslaai
- ½ ui, fyngekap
- 2 selderystele, in wieletjies gesny
- 500 ml jong ertjies, bevrore
- 410 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
- 240 g gaar oorskiethoender, in stukkies gesny
- 125 ml Bulgaarse jogurt
- 125 ml laevetmayonnaise
- 3 kraakbeskuitjies (opsioneel)
Metode
- Breek die blaarslaai met die hand. Plaas die stukkies onder in 1 glasbak of 4 glasflesse.
- Plaas die ui bo-op die blaarslaai en volg met die seldery.
- Meng die bevrore ertjies met die kekerertjies en plaas bo-op die seldery.
- Volg met die hoenderstukkies.
- Meng die jogurt en die mayonnaise en skep bo-op die hoender.
- Geniet dit saam met 3 kraakbeskuitjies, indien verkies.
Wenk: Maak hierdie slaai in die oggend en geniet vir middagete. Die bevrore ertjies sal teen dan ontdooi wees en dit hou die slaai heerlik koud.
Bron: Gesonde Kosblikkie
Uitgewer: Lapa
Dit lyk baie lekker en maklik om te maak. Gaan dit beslis maak
Onthou net om nie meer of minder as 3 beskuitjies saam te eet nie.