ʼn Maklike aandete vir ʼn Maandag!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 2 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
- varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2,5 ml gekneusde knoffel
- 2,5 ml droë gemengde kruie
- 30 ml margarien of botter
- 1 klein ui, gekap
- 1 groen of rooi soetrissie, gekap
- 20 ml margarien of botter
- 250 ml room
- 250 ml suurroom
- 250 ml gerasperde Cheddarkaas
- 250 ml heelpitmielies (opsioneel)
- 750 ml gaar skroefnoedels
- 5 Russiese worsies, gaar en in skyfies gesny (opsioneel)
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Meng die hoender met die peper, knoffel en kruie en laat dit ongeveer 30 minute staan.
- Soteer die ui en soetrissie in 15 ml margarien of botter tot sag.
- Braai die hoender in die orige margarien of botter tot gaar en hou eenkant.
- Klits die room en voeg die uiemengsel, suurroom en kaas by.
- Voeg die mielies by die gaar pasta.
- Meng die hoender, roommengsel, pasta en worsies. Skep in ’n oondbak en bak vir 25 minute. Sit warm voor.
Bron: Lekker & Vinnig: Hoender. Uit: Soet en sout deur Maggi van Tonder
Uitgewer: Lapa
Daar’s groot fout met die foto; daars geen manier wat die noedels, lepel, en vurk op dieselfde skaal is nie. Iemand se “Photo Shop” vaardighede behoort opgeknap te word.
Genade Frans! het jy niks anders om te doen as om te kritiseer nie? dis net ‘n foto, ou! jy klink vir my na ‘n regte natkous.