Soorte resepte:

Resep: Romerige hoendersop

Romerige hoendersop (Foto: Izelle Hoffman)

Dié hoendersop is nie net heerlik nie, maar ook gesond!

Genoeg vir ongeveer 3 porsies

Bestanddele

  • 2 e olyfolie
  • 2 medium rooiuie, gekap
  • 2 t knoffel, opgehoop
  • 4-5 (650 g) hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 5 lourierblare, fyngedruk
  • 4 t sout
  • 1 t varsgemaalde swartpeper
  • 2 blikkies botterboontjies, gedreineer en fyngedruk
  • 2 k amandelmelk
  • 300-350 g wortels
  • 125 g seldery
  • 200 g boontjies, ontvries
  • 2 k warm water
  • ½ t paprika
  • ½ t borrie
  • ½ t brandrissievlokkies
  • 2 e heuning
  • handvol Italiaanse platblaarpietersielie

Metode

  1. Gebruik ʼn groot kastrol en verhit olie. Oor matige hitte, braai die ui tot goudbruin, voeg die knoffel, speserye, sout en peper, blokkies hoender en fyngemaakte lourierblare by.
  2. Wanneer die hoender gaar is, voeg die fyngedrukte botterboontjies, amandelmelk, warm water, wortel, seldery, boontjies asook paprika, borrie, brandrissievlokkies en heuning by. Roer goed.
  3. Indien die groente nog nie sag genoeg is wanneer die vog verdamp het nie, voeg nog ʼn bietjie warm water by en laat dit ʼn bietjie langer prut.
  4. Wanneer alles gaar is, gooi ʼn handvol Italiaanse pietersielie by en dien op.

Resep: Izelle Hoffman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.