Soorte resepte:

[Resep] Romerige kruie-mosselpot

mossels

Foto: Gunsteling Braairesepte

Aangesien rooivleis so duur is, sal mens dalk meer seekos moet eet. Probeer gerus dié lekker resep.

Bestanddele:

  • ¼ k (60 ml) botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • knippie saffraandraadjies
  • ½ vinkelbol, dun gesny
  • ¼ k (60 ml) droë witwyn
  • ⅓ k (80 ml) Clover Krush- tropiese sap
  • 1 kg skoongemaakte mossels
  • 1 k (250 ml) room
  • 1 e (15 ml) grof gekapte vars vinkelblare
  • 2 t (10 ml) fyngekapte vars Italiaanse pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Smelt die botter in ʼn groot swaarboompot of potjie.
  2. Braai die uie en knoffel liggies vir 4 – 5 minute of tot die uie sag is.
  3. Voeg die saffraan en vinkelskyfies by en kook vir 4 minute. Voeg die wyn by en roer vir 2 minute.
  4. Voeg die sap en skoongemaakte mossels by. Bedek die pot en kook vir 3 – 4 minute.
  5. Gooi die mossels wat nie oopmaak nie weg.
  6. Roer die room, vinkelblare, en pietersielie by en geur met sout en peper.
  7. Sit dadelik voor saam met knoffelbrood.

Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie Visser ·

‘n Taamlik donker prentjie word van ons land se ekonomie gekilder. Die ouens in Davos klink egter baie selfversekerd om beleggers om te praat, maar nadat ons ‘n klompie jare self daar gewoon het, weet ek jy sal die Europe-ers nie sommer bluf nie. Intussen verswak die waarde van ons randjie by die dag en lewenskoste is besig om buite bereik te styg “Vasbyt”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.