Soorte resepte:

Resep: Romerige slakke op die vuur

Foto: Lekker en Vinnig

Romerige slakke op die vuur. Foto: Lekker en Vinnig

Kos smaak mos anders wanneer dit oor die kole gaargemaak word. Hierdie klink soos ʼn wenresep!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  • 800 g (1 blik) slakke, gedreineer
  • 500 ml dik room
  • 50 ml brandewyn
  • 20 ml biefekstrakpoeier
  • 8 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • volgraanbrood om mee voor te sit

Metode:

  1. Verhit ʼn plat gietysterbraaipan goed op die kole.
  2. Verhit alles, behalwe die brood, saam en kook tot ingedamp en dik.
  3. Sit slakke warm met volgraanbrood voor.

Oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers deur Hannetjie Joubert

Bron: Lekker en Vinnig – Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

cs ·

Stem Annelize!
Kan Maroela nie ‘n resepte boek uitgee met al die jaar se resepte nie of is daar al een?

Karma1 ·

Ag sies! Slakke!!!!! Nee vrek, ek is mos nie ‘n Fransman wat slakke en paddaboudjies eet nie. Ek bly eerder sonder vleis as om ‘n slopperige, slymerige, taai SLAK in my keel af te dwing.

Juffrou ·

Gelukkig verskil smaak, Karma 1.
Baie swak smaak in elk geval om vir kos SIES te sê!

Eend Bessinger ·

Probeer seekos soos oesters in plaas van slakke, Karma1. Smaak net so lekker.

SkarrelKind ·

Carel, dis daai blokkies wat in foelie toegedraai is, hoender- of biefblokkie, of mens kan die duurder poeier soort, soos Ina PAarman s’n koop. Mens meng dit met bietjie kookwater om op te los en smaak aan kos te gee.

Delia ·

MM, net hierbo bespreek julle “proe” en “smaak”…..
lees julle nie julle eie artikels nie?
Proe is ‘n werk woord!

Landi Slatter ·

Dagsê Delia

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Mad Mike die Rhodesiër ·

Vir die alkoholvrye generasie: vervang brandewyn met rooi druiwesap.

Piet ·

Die alkohol verdamp in elk geval, so op ou einde is dit alkoholvry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.