ʼn Heerlike en geurige sosatie, nét reg vir die braai!
Genoeg vir 6 mense
Bestanddele
ROOIKERRIE-MARINADE
- ½ k (125 ml) Clover Krush‑bessiesap
- ¼ k (60 ml) Clover‑room
- 2 e (30) olyfolie
- 1 e (15 ml) Thai rooikerrie-pasta
- 1 e (15 ml) fyn gerasperde vars gemmer
- 1 e (15 ml) rysasyn
- 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
BIEFSOSATIES
- 800 g bees-kruisskyf of volstruis-steak, in 3-4 cm blokkies gesny
- 1 rou ui, in blokkies gesny
- 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 250 g knopiesampioene, steeltjies verwyder
- 4-6 metaal sosatiepenne
OM OP TE DIEN
- 1 lemmetjie, in kwarte gesny
- 2 e (30 ml) gekapte vars koljanderblare
- 1 e (15 ml) geskeurde basiliekruidblare
Metode
ROOIKERRIE-MARINADE
- Plaas al die marinadebestanddele in ‘n nie-metaalhouer en meng goed.
- Gooi die steakblokkies by en meng die marinade deur. Bedek en verkoel in die yskas vir ten minste een uur.
BIEFSOSATIES
- Verwyder die steak uit die sous en ryg aan die sosatiepenne – wissel af met stukkies uie, rooi soetrissie en knopiesampioene.
- Rooster op ‘n baie warm braai tot so gaar soos jy verkies. Plaas op ‘n opdienbord en druk die lemmetjiesap uit oor die sosaties. Garneer met koljander en basiliekruidblare.
Wenk: As jy bamboes-sosatiestokkies gebruik, week hulle in warm water vir 20 minute voor gebruik om te keer dat hulle brand.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa