Soorte resepte:

Resep: Salie-frikkadelle

Salie-frikkadelle (Foto: Lapa-uitgewers)

“My absolute gunstelinggereg as jong seun was wors, ertjies en kapokaartappels. Ek het die wors in klein stukkies gesny en alles saam in een groot mengsel ingeroep. Dit was hemels! Nou maak ek net kapokbotterskorsie pleks van kapokaartappels om hierdie trooskos banting-vriendelik te maak,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

Lewer 2-4 porsies

Bestanddele

SALIE-FRIKKADELLE

  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 eier
  • 1 e vars amandelmeel
  • 1 e vars salie
  • 1 bruinui, fyn gekap
  • 1 t uiesout
  • 1 knoffelhuisie, baie fyn gekap
  • varsgemaalde sout en peper
  • olyfolie

KAPOKBOTTERSKORSIE

  • 500 g botterskorsie
  • 2 e roomkaas
  • 1 e botter
  • varsgemaalde sout en peper
  • 2 e amandelvlokkies

ERTJIES

  • 1 k ertjies, gevries
  • 2 k kookwater
  • 1 e botter

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas die maalvleis, eier, amandelmeel, salie, fyngekapte ui, uiesout en knoffel, asook ’n knippie varsgemaalde sout en peper, in ’n groot mengbak. Meng alles goed saam met jou hande.
  3. Rol die maalvleis in ses tot agt frikkadelle met jou hande.
  4. Plaas die frikkadelle op ’n roosterrak in ’n diep bakplaat, besprinkel met olyfolie en sit dit in die oond. Bak vir ongeveer 15 minute.
  5. Stoom die botterskorsie tot sag. Plaas dit in ’n mengbak en voeg 1 e roomkaas en 1 e botter by. Geur met sout en peper.
  6. Gebruik ’n handvoedselverwerker om die botterskorsie deeglik fyn te blits sodat dit nie klontjies het nie. Laat eenkant staan.
  7. Plaas die ertjies in ’n klein bakkie en gooi die kookwater daaroor. Plaas ’n bord op die bakkie en laat die ertjies stadig gaar stoom.
  8. Verwyder die frikkadelle ná 10-15 minute uit die oond. Gooi die aftrekselsous in ’n klein potjie en laat eenkant staan.
  9. Verhit olyfolie oor hoë hitte in ’n groot braaipan en wag tot dit lekker warm is. Braai die frikkadelle tot lekker bruin. Plaas eenkant.
  10. Plaas die potjie met die aftreksel oor matige hitte. Voeg die laaste eetlepel roomkaas by en roer sodat dit kan afkook en verdik.
  11. Dreineer die ertjies deeglik. Bedien in ’n pastabord (dit lyk die mooiste), onthou om ’n skeppie sous oor te gooi en strooi laastens amandelvlokkies oor die hele gereg.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vienna ·

Lyk lekker behalwe vir die salie een ‘herb’ wat
ek glad niks van hou nie
Sal dit met knoffel vervang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.