Soorte resepte:

Resep: Salm-en-boerkoolbakkies

Salm-en-boerkoolbakkies (Foto: Lapa-uitgewers)

“Sodra ʼn betaling in my bankrekening deurkom, gaan ek gewoonlik onmiddellik na ʼn supermark, reg om my sente op goeie gehalte bestanddele soos gerookte salm uit te gee,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • ½ rooiui, gekap
  • 2 e botter
  • 2 knoffelhuisies, gesny
  • 2 k boerkool, gekap
  • 200 g brokkoli
  • 200 g gerookte salm of forel, in stukke gesny
  • 1 avokadopeer
  • 2 suurlemoenwiggies
  • olyfolie

Metode

  1. Braai die rooiui oor hoë hitte in die botter in ’n diep braaipan tot ligbruin.
  2. Voeg die knoffel by en braai weer.
  3. Braai die boerkool en brokkoli saam tot alles lekker bruin gebraai is.
  4. Voeg laastens die salm by en meng alles goed saam. Haal die pan van die stoof af.
  5. Bedien in bakkies en sny ’n halwe avo in blokkies bo-oor.
  6. Druk die sap van ’n suurlemoenwiggie oor die gereg en sprinkel olyfolie oor.

Wenk:

Jy kry gewoonlik afvalstukkies gerookte salm of forel teen ʼn fraksie van die prys by viswinkels. Moet net nie vir almal hiervan sê nie, anders maak hulle dit dalk duurder!

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.