Soorte resepte:

[Resep] Sampioen-en-speksosaties

Foto: Lekker en Vinnig

Sampioen-en-speksosaties. Foto: Lekker en Vinnig

ʼn Sosatie is altyd ʼn wenner – veral as die resep so maklik soos dié een is. Perfek vir die kosblik, ʼn braai of sommer vir aandete wanneer dinge rof gaan.

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 500 g knopiesampioene
  • 250 g streepspek
  • 300 ml braaisous
  • sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode:

  1. Sny die spekstroke in die helfte en draai elk van die sampioene met ʼn stukkie spek toe.
  2. Ryg die sampioene op die sosatiestokkies en verf die braaisous oor.
  3. Braai die sosaties vir 10-15 minute tot die spek gaar is.
  4. Bedruip dit met braaisous terwyl dit gebraai word.
  5. Bedien dadelik.

Bron: Lekker en Vinnig – Sosaties
Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Liezl ·

Ons maak ook sosaties elke naweek vir voorgereg en dit is ook heerlik by ontbyt die volgende dag.
250g streepspek
ontpitte pruime
geblikte perske
kaaswors
Ons deel ook een repie spek in twee en draai dit om die wors (wat jy in klein stukke knip), perske, pruim en ryg dit so in op die sosatiestokkie. Die spek maak dit sappig, so dis nie nodig vir sous nie. :)
Te heerlik!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.