Soorte resepte:

Resep: Satay-hoendersosaties met romerige grondboonbottersous

Satay-hoendersosaties met romerige grondboonbottersous (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike kombinasie!
Bedien 4-6

Bestanddele

SATAY-HOENDERSOSATIES

  • 500 g ontbeende, ontvelde hoenderborsfilette
  • ½ k (125 ml) klappermelk
  • 1 e (15ml) Thaise vissous
  • 2 e (30 ml) vars fyngekapte koljanderblare
  • 2 t (5 ml) sagte bruinsuiker
  • ½ t (3 ml) borrie

ROMERIGE GRONDBOONBOTTERSOUS

  • 2 e (30 ml) Clover Mooi River- botter
  • ½ ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, ontpit en fyngesny
  • 1 t (5 ml) fyngerasperde vars gemmer
  • 1 e (15ml) bruinsuiker
  • 2 e (30 ml) sojasous
  • ½ k (125 ml) gladde grondboonbotter
  • ½ k (125) Clover-room
  • 1 e (15 ml) Thaise vissous

Metode

SATAY-HOENDERSOSATIES

  1. Druk die hoenderborsies plat, sny elkeen in lang, dun repe en plaas in ʼn nie­metaalbak.
  2. Klits die oorblywende bestanddele saam en gooi oor hoender. Bedek en verkoel in die yskas vir 2 uur.
  3. Haal hoender uit marinade en ryg aan sosatiestokkies. Rooster vir 2-4 minute aan ʼn kant. Bedien met die romerige grondboonbottersous.

ROMERIGE GRONDBOONBOTTERSOUS

  1. Smelt die botter in ʼn klein pannetjie en braai die uie en knoffel liggies vir 5-6 minute.
  2. Voeg die brandrissie, gemmer, suiker en sojasous by en braai vir 1 minuut.
  3. Voeg die grondboonbotter en room by en verhit tot kookpunt terwyl jy vir 2-3 minute klits tot glad.
  4. Roer die vissous deur. Bedien saam met die satay-hoendersosaties.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.