ʼn Heerlike kombinasie!
Bedien 4-6
Bestanddele
SATAY-HOENDERSOSATIES
- 500 g ontbeende, ontvelde hoenderborsfilette
- ½ k (125 ml) klappermelk
- 1 e (15ml) Thaise vissous
- 2 e (30 ml) vars fyngekapte koljanderblare
- 2 t (5 ml) sagte bruinsuiker
- ½ t (3 ml) borrie
ROMERIGE GRONDBOONBOTTERSOUS
- 2 e (30 ml) Clover Mooi River- botter
- ½ ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 groen brandrissie, ontpit en fyngesny
- 1 t (5 ml) fyngerasperde vars gemmer
- 1 e (15ml) bruinsuiker
- 2 e (30 ml) sojasous
- ½ k (125 ml) gladde grondboonbotter
- ½ k (125) Clover-room
- 1 e (15 ml) Thaise vissous
Metode
SATAY-HOENDERSOSATIES
- Druk die hoenderborsies plat, sny elkeen in lang, dun repe en plaas in ʼn niemetaalbak.
- Klits die oorblywende bestanddele saam en gooi oor hoender. Bedek en verkoel in die yskas vir 2 uur.
- Haal hoender uit marinade en ryg aan sosatiestokkies. Rooster vir 2-4 minute aan ʼn kant. Bedien met die romerige grondboonbottersous.
ROMERIGE GRONDBOONBOTTERSOUS
- Smelt die botter in ʼn klein pannetjie en braai die uie en knoffel liggies vir 5-6 minute.
- Voeg die brandrissie, gemmer, suiker en sojasous by en braai vir 1 minuut.
- Voeg die grondboonbotter en room by en verhit tot kookpunt terwyl jy vir 2-3 minute klits tot glad.
- Roer die vissous deur. Bedien saam met die satay-hoendersosaties.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa