Soorte resepte:

[Resep] Seekoskasserol in die pot

Foto: Lekker en Vinnig

Seekoskasserol in die pot. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie resep lyk “Vis”skriklik lekker!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  •  1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 20 ml botter of margarien
  • 500 g koningklip of stokvis, in blokkies gesny
  • 10 steurgarnale, doppe en dermkanale verwyder
  • 50 ml botter of margarien
  • 100 g pylinkvis, skoongemaak en in ringe gesny
  • 100 ml visaftreksel
  • 150 ml droë witwyn
  • 10 ml bruinsuiker
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 10 ml suurlemoensap
  • 10 ml vars of 5 ml droë dille
  • 250 ml dik room
  • 12 mossels in die dop
  • broodrolletjies of rys om mee voor te sit

Metode:

  1. Verhit ʼn gietysterpot op die vuur.
  2. Soteer die ui en knoffel in 20 ml botter of margarien. Skep dit uit en hou eenkant.
  3. Braai die vis en steurgarnale in 50 ml botter of margarien. Voeg die uiemengsel daarby.
  4. Roer die res van bestanddele, behalwe die room en die mossels in, en laat prut vir 20-30 minute.
  5. Roer die room in, plaas die mossels bo-op en laat prut vir nog 5 minute. Verdik die sous met mielieblom indien nodig.
  6. Sit voor met vars broodrolletjies of op rys.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers, Hannetjie Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.