Soorte resepte:

Resep: Skaapbredie met bier

Skaapbredie met bier (Foto: Lapa-uitgewers)

Kry jy gaste oor die naweek? Maak sommer hierdie heerlike skaapbredie!

Lewer 6 tot 8 porsies

Bestanddele:

  • bietjie olie
  • 1,8 kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
  • 3 uie, gekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 65 g (1 klein blikkie) tamatiepasta
  • 1 beesvleisaftrekselblokkie
  • 125 ml ( ½ k) kookwater
  • 340 ml (1 blikkie) bier
  • 2 lourierblare
  • 6 aartappels, geskil en in blokke gesny
  • 6 wortels, geskraap en in dik skywe gesny
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
  • 10 ml (2 t) mielieblom
  • 60 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
  • 75 ml (5 e) water

Metode:

  1. Verhit olie in kastrol en soteer vleisblokkies bietjies-bietjies daarin tot goudbruin. Skep in
  2. Voeg nog olie in kastrol indien nodig en soteer uie, seldery en knoffel daarin tot sag. Skep in
  3. Meng tamatiepasta, beesvleisaftrekselblokkie, kookwater en bier tot glad. Voeg by vleis in Plaas lourierblare by.
  4. Plaas deksel op en laat vir 5 uur oor hoë hitte prut.
  5. Voeg aartappels en wortels by en kook nog 1½ tot 2 uur.
  6. Voeg sampioene by. Maak mielieblom, soppoeier en water tot pasta aan en roer by bredie.
  7. Plaas deksel op en laat prut vir nog 30 minute.
  8. Verwyder lourierblare en sit warm voor.

Bron: Vinnig en maklik – resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

martin ·

Klink baie lekker maar na sewe en n half uur se kook is ek nie meer honger nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.